“Gods must be crazy” in Pretoria – 31 Aug ’24
Daar het nou so paar dae verby gegaan en ons kry minder koud in die aande, ons hanteer die stof in die dag en durf nie kla oor die hitte van die dae nie. Dis darem net te ‘n groot geskenk om nie konstant koud te kry nie. Ek het nie geweet dis moontlik om in jou eie land agter die son aan te trek nie. Wat ‘n voorreg. Nou ja, niks is mos eenvoudig in ons lewe nie, en…